Tuesday, December 27, 2005

Sneeu - verseker!




Gisteraand het hulle sneeu voorspel, dus het ek elke uur wakker geword en by die venster uitgekyk, maar daar was niks. Ook nie vanoggend toe ek wakker word nie.

Maar 'n uur later toe kom die groot verassing!

Die sneeu le nou so 1 cm dik, maar daar word so 6 duim vandag voorspel. Dis so 3 grade buite, blykbaar gaan ons 'n baie koue week he.

Die boonste 2 fotos is vanuit my kamervenster geneem. Ek bly op 'n besige straat, so die pad was gesout, daarom is daar nie sneeu in die pad nie, maar die onderste foto is geneem in een van die kleiner strate geneem en alles is wit.

Die son kom nou uit, en dit smelt alweer, maar ons is in 'n ander seisoen elke 5 minute, daar is nog wolke in die lug, ek hou julle op hoogte.

Monday, December 26, 2005

sneeu (miskien)



Ek wag in spanning, hulle het voorspel dit gaan sneeu vannaand, dis nou 22h30 en hier het nog niks gebeur nie. Dis baie koud, so miskien gebeur daar iets.

Die foto is omtrent 'n maand terug geneem, maar dis ryp, nie sneeu nie. Dit ryp op die kar, die sypaadjie en die dak.

Miskien as ek moreoggend wakker word, is die wereld wit. Kar bestuur gaan baie interessant wees. Hulle het vannaand sout op die pad gegooi, maar dit sit weer op die windscreen vas as mens agter 'n ander kar ry. Ek gebruik nogal daai waterspuit van die voorruit baie.

Hou maar duim vas.

Sunday, December 25, 2005

interessante straatnaam


Hierdie pommies dink nie eintlik mooi voor hulle 'n straatnaam opsit nie. Cheapside is glad nie goedkoop nie, baie mooi straat wat in St Pauls katedraal (links) vasloop.