Friday, January 26, 2007

'n Bietjie spog...

Ek het 'n brood gebak! Hy is pragtig. 'n Bietjie skeef na die een kant toe gerys, maar 'n regte tuisgebakte brood. Wag laat ek gou proe.................................................... Mmmmm! 'n Bietjie kleitjie, net 'n bietjie, maar hy proe soos die huis! Ons gaan hom nou opeet. Koebaai!

Monday, January 01, 2007

Sjoe, dis verby...




Nou kan ons almal weer die ekstra kilo's afskud, probeer onthou dat ons moet werk vir geld, en terugkeer na die normale lewe. Die fotos is oujaarsaand geneem. Die kamera se tyd is verkeerd, dit was omtrent 11 uur. Kwart voor 12 is daar streamers uitgedeel en almal is die dood voor die oe gesweer om dit nie voor die tyd af te skiet nie. 12 uur het hulle op die TV die vuurwerke in London gewys, en skielik het ek gewens ek was daar. Hulle spandeer letterlik duisende ponde op vuurwerke.

Hoekom sit my broek nou so styf?

Nou ja, ek weet nie van julle nie, maar ek het 'n heerlike Kersfees gehad saam met allerhande interessante mense, middagete saam met Jessy, haar man, by Heather se huis, saam met haar man, 2 seuns en suster en 8 weke oue Jack Russell genaamd Rosie. 'n Twintig pond hoender was op die spyskaart, asook wortels, brocoli, ham, patats, aartappels, swede (wat dit ookal mag wees), Krismis poeding, trifle, en alerhande lekker souse. Dit was so 'n lekker rustige affere, na ete het ons voor die kaggel gaan sit, en geskenke uitruil.


Vroeg aand is ek na Tim toe, waar ons 'n rustige aand en 'n bottel
sjampanje saam met sy ma geniet het. Dit was 'n wonderlike
ervaring om hierdie tyd saam met al die spesiale mense te geniet,
al die gebruike, soms vreemd, maar ek kan eerlik se dat ek altyd
tuis gevoel het. Na die tyd voel mens so bietjie soos die hond!

Soos julle weet moes ek toe weer Woensdag teruggaan werk toe,
maar dit was darem net 3 dae, en nou is ek weer werkloos. Darem nie 'n krisis nie, my plekkie is darem nie te duur nie, en ek sal hopelik gou my geld kry.

Oujaarsaand kon ons toe nie na die seiljagklub toe gaan nie, ons is
toe eers vir aandete na Tim se ma toe, en toe na die pub toe saam

met vriende vir die groot "countdown". Engelse pubkultuur is iets
wat ek nog sukkel om te verstaan, maar ons het 'n lekker tyd gehad. Vandag was lekker rustig, so min as moontlik gedoen.



Ek hoop almal wat hier lees, het 'n lekker feestyd gehad, mag julle
'n voorspoedige Nuwejaar he, onthou ek dink elke dag aan julle, en ek hoop om gou weer daar te kom!