Yorkshire Dales
Die fotos hier is van die Yorkshire Dales, 'n baie mooi distrik vol heuwels, waterstrome en klein paadjies met klein dorpies tussenin. Iewers in die area moet daar 'n groot klipmyn wees, want hulle glo nie aan doringdraad nie. Al die heinings tussen weidingskampe is van klipmure! Die wit diere op die foto is skape met sulke lang hare, amper soos poedels. Ons het baie skape gesien, maar net 2 beeste die hele vakansie.
Dit lyk groen maar mens kan sien dis nogals droog vir die plek, hulle praat van waterbeperkings instel as dit so aangaan, dit reen blykbaar te min. Toe ek die fotos geneem het was dit so -2 grade, en party van die waterpoele langs die pad was gevries. Dit was maar mistig gewees, so plek plek kon ons nie baie ver sien nie.