Saturday, April 08, 2006

Die rip-off wat hulle Stonehenge noem



Op pad terug van Cornwall af le en slaap ek nog so lekker in die kar, toe ek my oe oop maak sien ek 'n bord wat se Stonehenge Links. opslag besluit ek toe ons moet daar stop. Toe ons stop begin dit net lekker reen. Toe ek net klaar 'n reenjas aanhet, hou dit op reen. By nadere ondersoek kom ons toe agter dat die klomp ingelse 'n draad omgespan het, en nou £5.90 by my wil he om anderkant die draad te gaan kyk! Toe besluit ons nee, hulle het dit nie gebou nie, ek gaan hulle nie betaal om daarna te kyk nie. Ons hardloop toe maar oor die pad, en gaan koekeloer deur die draad. Ons het ook lekker by die draad gestaan en giggel vir die mense wat wel betaal het, en toe sien dit lyk nog steeds dieselfde van naderby. (behalwe as jy 'n graad in geologie het). Ons het ook by die draad gestaan en wonder of ons kan oorklim sonder dat iemand ons sien, maar as hulle jou so duur vra om in te gaan, is hulle kapabel en sluit jou sommer toe.

Cornwall




Laas naweek was ons Cornwall toe, het in Mevagissey oorgebly. Die wind het ons amper in die see ingewaai, maar dit was vreeslik mooi. Die affodille groei die wereld vol, sommer wild langs die pad. Dis nog nie heeltemal lente nie, so daar is maar baie min mense. Die strande het meestal net klippe, en waar daar sand is is dit baie grof. Ek het my tone in die see gesteek, en my hart het amper gaan staan!

Dit het 'n woeste gery afgegee om daar te kom, amper 6 ure lank, maar baie mooi landskap langs die pad gesien.

Cornwall




Laas naweek was ons Cornwall toe, het in Mevagissey oorgebly. Die wind het ons amper in die see ingewaai, maar dit was vreeslik mooi. Die affodille groei die wereld vol, sommer wild langs die pad. Dis nog nie heeltemal lente nie, so daar is maar baie min mense. Die strande het meestal net klippe, en waar daar sand is is dit baie grof. Ek het my tone in die see gesteek, en my hart het amper gaan staan!

Dit het 'n woeste gery afgegee om daar te kom, amper 6 ure lank, maar baie mooi landskap langs die pad gesien.

Thursday, April 06, 2006

Ons eerste braai van die somer - wel, amper...






Annerdag dog ons mos ons gaan braai. Ons kry buns, £14 per kilo skaaptjops en kersies in bacon. Toe soek ons twee dae lank na iets om mee vuur te maak Kry uiteindelik charcoal. En 'n boks blitz.

Lang storie kort, soos die fotos wys, is die Ingelse charcoal so dig gekompres, dat die hele boks blitz dit nie aan die brand kon kry nie, en ons moes die skaap in die pan braai. Maar ons het darem lekker geeet!

Die ronde gesiggie op die foto met my is Elsophie, van Pietersburg. As sy eers begin giggel kan sy nie ophou nie.
Die twee wat op die bank sit, is Joy (links) en Jayne. Joy is van Pretoria, en Jayne is van Durban en sy hou nooit op met praat nie.
Die ou op die ander foto met my is Philip, my "travelbuddy."

Peak Districk & Bakewell





Die laaste been van ons toer was deur die Peak District, berge, mere, woude, wat meer kan ek se? Let op na die foto van die wit bome, amper 3 uur die middag, en dis nog steeds wit geryp. Ons het oorgebly in die dorpie Bakewell, presies soos die naam se, is die plek bekend vir een of ander tert wat twee tannies 'n honderd jaar terug uitgedink het. Sover ek weet is dit net 'n hol deeg met vla in, dus het ek dit maar eerder gemis. Daar is 'n kanaal deur die dorp, met die mees voor-op-die-wa eende wat ek nog gesien het.

Dis tog jammer van die weer, die mistigheid het nie mooi met die fotonemery saamgewerk nie.

Whitby en Robin Hood's Bay





Op pad terug van Skotland het ons in Whitby oorgebly, die foto van die vervalle katedraal is waar Bram Stoker sy inspirasie vandaan gekry het om Dracula te skryf. Whitby is ook die hawe waarvandaan Captain Cook geseil het. Net 'n bietjie verder af langs die ooskus van Engeland is 'n dorpie met die naam van Robin Hood's Bay. Dit was baie koud so daar was omtrent nie 'n siel in die strate nie, 'n regte vakansiedorpie met smal eenrigtingstraatjies, en 'n horde klein vakansiewoonstelletjies.

Edinburgh





Hier bo is die fotos van Edinburgh, dis nie sneeu nie, dis ryp! Die Uwe staan daar opgepatch teen die koue, met twee fotos van die Princess Gardens, die een van onder af, met die Edinburgh kasteel heel bo, en die ander een van die kasteel af ondertoe. Let op dat ons geloop het van onder af, deur die park.



As daar nou twee dinge is wat die Ingelse 'n talent voor het, is dit brue en kerke bou. (As hulle bietjie meer tyd spandeer het in die kerk, sal dit miskien ook beter gaan)
Hierdie fotos is geneem op pad skotland toe, die kerk in 'n dorp met die naam Lincoln en die brug is bo-oor 'n yslike riviermond van die Humber rivier, ('n mens betaal £3.50 om daar oor te ry)