Thursday, February 08, 2007

Sneeu, Sneeu!



Wat maak 'n Vrystater as dit sneeu? Bou 'n sneeuman! Maar common sense het ingegryp en ek het gedink dat my hande te koud gaan kry, toe leen ek een langs die pad.
Dit was baie lekker om wakker te word, by die venster uit te kyk, en alles is wit! Dit het so twee duim gesneeu, en toe later begin reen, en toe loop die hele ding skeef, want toe begin alles smelt, en wegspoel, en bruin word, en nie meer so nice nie.
Die weervoorspelling vir more is dat die sneeu wat oor is vannaand gaan ys, en dan gaan dit meer sneeu, en so gaan niemand more erens heen nie.

Hou duim vas!

1 Comments:

Blogger Erika de Jager said...

Ek wonder nou net oor hierdie "comment" affêre! So gaan ek nou maar kyk wat gebeur!
Kom dit by jou uit?
Lekker sneeumanne bou! Wat gebruik jy vir knope en neusgate?
Liefde Ans

5:36 am  

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home