Friday, July 14, 2006

Eerste liefde...




Dis nou die Hallberg-Rassy 34 genaamd Cas Lass. Hoekom ek dit nie al lankal gedoen het nie, sal ek nie weet nie. Maar die Competent Crew kursus wat ek 2-7 Julie gedoen het, was die meeste pret wat ek in 'n lang tyd gehad het. Ek het my toon in die water gesteek, en die haai het gebyt. (Ons het regtig 'n haai in Plymouth hawe gesien) Fotos neem was moeilik, want die kursus was baie 'hands-on', en die kans is groot dat die kamera kan nat word. Dis ook moeilik om 'n furling lyn in te trek met 'n kamera in jou hand. Maar ek het gedoen wat ek kan.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home